WES-KAAP. – Op 10 Februarie 2019 het ‘n plaasmoord op die plaas Rusverstand op Lutzville plaasgevind. Die skuldige(s) loop steeds los rond. Die polisie se eenheid vir onopgeloste sake versoek die publiek se hulp om die saak te probeer oplos.
Sers. Wesley Twigg sê ‘n plaaseienaar is volgens rapportering doodgeskiet, waarna verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld en ‘n vuurwapen, wat aan die oorledene behoort het, gevlug het.
Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Clayton Lewis, by 082 469 2461 te bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: