GAUTENG. – Gautrain-dienste tussen Park- en Rosebank-stasies is nog nie hervat nie, nadat daar deur ‘n privaat persoon op ‘n erf bo die Gautrain-tonnel geboor is.
Luidens ‘n plasing wat Sondag deur die Gautrain gemaak is, is daar onwettig op die privaat perseel geboor, wat veroorsaak dat water en grond na die tonnel onder die grond deursypel en treinaktiwiteit in die area belemmer.
‘n Alternatiewe Gautrain-busdiens met intervalle van 15 minute is vanaf 05:30 tot 20:00 tussen die twee stasies ingestel.





