SA 47ste op lys van lande met meeste lugbesoedeling ter wêreld

Lees ook :

SA 47ste op lys van lande met meeste lugbesoedeling ter wêreld
SA 47ste op lys van lande met meeste lugbesoedeling ter wêreld fotokrediet: Canva

Lees ook: Nuwe skuiling in Durbanville vir haweloses geopen 

‘n Nuwe lugbesoedelingsverslag deur IQAir het gewys Suid-Afrika is 47ste op ‘n lys van 134 lande en streke wat betref lugbesoedeling.

Suid-Afrika is ook 16de op die lys vir die Afrika-lande met die meeste lugbesoedeling. Die lys bevat die name van die lande en streke met byna vier keer meer besoedeling as wat die WGO voorstel.

IQAir het gesê Suid-Afrika se lugkwaliteit het van 2022 af verbeter. Die stede waar besoedeling verminder het, sluit in Kaapstad, eMbalenhle, Hartbeespoort, Johannesburg en Pretoria.

Die beste lugkwaliteit is in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap gevind en die slegste lugkwaliteit in Benoni in Gauteng. Lugkwaliteit in Bloemfontein is die tweede slegste.

Bronne: BusinessTech, eNCA, IQAir

Lees ook: Siya sê hy aanvaar hy sal nie meer Springbok-kaptein wees nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief