SA bekommerd oor VSA misdadigers na Eswatini deporteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die VSA se deportasie van gevaarlike geweldsmisdadigers na Eswatini. Die regering van Eswatini het bevestig dat ’n groep misdadigers van verskeie nasionaliteite op ’n spesiale vlug uit die VSA aangekom het.

Luidens ‘n verklaring van Chrispin Phiri, Dirco-woordvoerder (departement van internasionale betrekkinge en samewerking), is die groep, van wie sommige aan ernstige misdade skuldig bevind is, volgens die VSA se departement van binnelandse veiligheid na Eswatini gedeporteer. Eswatini en die VSA het aangedui dat hulle saam met die internasionale organisasie vir migrasie (IOM) werk om hierdie persone na hul lande van herkoms te stuur, hoewel dié lande vroeër geweier het om hulle te ontvang.

Volgens Dirco is die Suid-Afrikaanse regering bekommerd oor die moontlike impak op nasionale veiligheid en immigrasiebeleid, gegewe die geografiese nabyheid tussen die twee lande.

Lees die volledige verklaring hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief