Justin Lewis, ’n verteenwoordiger van die VK-gebaseerde geregtelike groep Casisa het beweer Suid-Afrika het vroegtydig geweet van Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023.
Lees ook: Minstens 27 mense dood in Israeliese lugaanval op Gaza-skool
In ’n brief wat deur IOL gesien is, beweer Lewis Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof is deel van ’n groter Hamas-strategie.
Lewis is tans betrokke by ’n ondersoek oor beweerde korrupsie by Suid-Afrikaanse banke wat verbind is aan “hof-goedgekeurde” internasionale geldwassery.
Lewis het beweer daar is bewyse dat die Suid-Afrikaanse regering vroegtydig van die 7 Oktober-aanval geweet het en dat Dirco Hamas help om toegang te kry tot die Internasionale Geregshof om Hamas teen Israel se reaksie te beskerm.
Die woordvoerder van Dirco het gesê Lewis se bewerings is onwaar en het geen basis nie.
Bronne: Daily Voice, IOL, African News Agency
Lees ook: Minstens 27 mense dood in Israeliese lugaanval op Gaza-skool





