NASIONAAL. – John Steenhuisen, die minister van landbou, het aangekondig dat Suid-Afrika vandag, Donderdag 19 Junie, die invoerverbod op alle pluimvee- en pluimveeprodukte vanaf Brasilië gedeeltelik sal ophef.
Steenhuisen sê in ‘n verklaring hierdie besluit volg nadat die departement van landbou ’n tweede verslag van Brasilië se ministerie van landbou en veeteelt ontvang het, wat bevestig dat die uitbreking van voëlgriep tot slegs een deelstaat beperk is. Indien daar bevind word dat die uitbraak na ander deelstate versprei het, sal die gedeeltelike opheffing van die invoerverbod heroorweeg word.
Met hierdie stap sluit Suid-Afrika aan by ander lande wat hul invoerverbod op Brasilië gedeeltelik opgehef het.
Lees die volledige verklaring hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





