Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan gaan vanaf 31 Mei tot 9 Junie 2024 aan die tweede International Hockey Federation Nations Cup (FIH) in Pole deelneem.
Hulle sien die toernooi as voorbereiding op hulle pad na die Paryse Olimpiese Spele. Suid-Afrika sal onder andere teen Nieu-Seeland en Frankryk kompeteer.
Die span is saam met Pole, Oostenryk en nog twee ander spanne in groep A geplaas. Volgens SA Hockey Men gaan hulle weer teen Korea te staan kom teenoor wie hulle ’n oorwinning in 2021 se semi-finaal van die toernooi in Nieu-Seeland behaal het.
Bronne: SA Hockey Men, Facebook





