SA moet bande herbou met VSA tydens hersiening van verhouding

Lees ook :

Suid-Afrika moet bande herbou met VSA tydens hersiening van verhouding
Suid-Afrika moet bande herbou met VSA tydens hersiening van verhouding fotokrediet: Canva

Lees ook: VSA gaan miljoene aan SA skenk vir geveg teen TB

Suid-Afrika moet sy bande met die VSA herbou na ’n wetsontwerp Woensdag deur die huis van verteenwoordigers se buitelandse sake-komitee aanvaar is.

Die “USA – South Africa Bilateral Relations Review Act” sal veroorsaak dat die VSA hulle verhouding met Suid-Afrika hersien. Die administrasie moet dan sê of Suid-Afrika deel was van aktiwiteite wat die VSA se nasionale sekuriteit beïnvloed het.

Amerikaanse politici het die wetsontwerp verlede maand voorgestel na Suid-Afrika Israel in die Internasionale Geregshof aangekla het. Daar was ook ongelukkigheid oor die gerugte dat SA Rusland van wapens in Desember voorsien het.

Die wetsontwerp stel die Suid-Afrikaanse regering het “’n geskiedenis van kant kies van ’malign actors’ soos Hamas, China en Rusland”.

Bronne: Moneyweb, Bloomberg, Daily Maverick

Lees ook: VSA gaan miljoene aan SA skenk vir geveg teen TB

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief