Lees ook: Prins Harry en Meghan het deur nuus uitgevind van prinses Kate se kankerdiagnose
Die VSA het gesê hulle sal vir die volgende vyf jaar $94 m. aan Suid-Afrika skenk om teen tuberkulose te veg.
Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste TB-syfers. KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng het die meeste gevalle. Soweto, Hillbrow, Tembisa, Thokoza, Umlazi, Khayelitsha en Buffalo City is brandpunte met van die hoogste voorkoms van TB.
Die TB-syfer het van 644 000 gediagnoseerde gevalle in 2007 na 280 000 in 2022 gedaal. Suid-Afrika het ’n strategiese TB-plan ingestel om die syfer na nog te verminder teen 2028.
Bronne: eNCA, SA News, SA People
Lees ook: Prins Harry en Meghan het deur nuus uitgevind van prinses Kate se kankerdiagnose





