SA se eerste deurry-stripklub

Lees ook :

Foto: Facebook (Candy's)

PORT ELIZABETH. – Suid-Afrika het nou sy eerste deurry-ontkleeklub wat in Walmer, Port Elizabeth sy deure oopgemaak het.

Die klub se ontkleedansers sal tussen 10:00 en 17:00 op privaat verhoƫ in die buitelig optree en toeskouers sal vanuit hulle motors na die optrede kyk.

Kaal, maar met maskers

By Candy’s sal diĆ© dansers elk ‘n masker en handskoene dra en hul temperatuur sal daagliks geneem word, sĆŖ die klub op sy Facebook-blad. Die dansers sal ook sosiale distansiĆ«ring handhaaf.

Kan ook drankies bestel

Die klub het Maandag 1 Junie oopgemaak en saam met die optrede wat toeskouers vanuit hulle motors kan kyk, kan versnaperinge en wegneemdrankies ook bestel word.

Verdien inkomste

Die klub het ook ‘n aanlyn-aanbieding begin om vir kunstenaars wat volwasse vermaak bied die geleentheid te gee om gedurende die inperking steeds ‘n inkomste te kan verdien.

“Dit beteken bloot hulle kan van die huis af werk gedurende die inperking. Ten minste tot die ander klubs, kroeĆ« en restaurante weer oopmaak. Maar wie weet wanneer dit gaan gebeur?” vra die klub op sy Facebook-blad.

Lees meer oor die drive through-ooievaarstee wat ook gedurende die inperking gehou is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief