SA se eerste deurry-stripklub

Lees ook :

Foto: Facebook (Candy's)

PORT ELIZABETH. – Suid-Afrika het nou sy eerste deurry-ontkleeklub wat in Walmer, Port Elizabeth sy deure oopgemaak het.

Die klub se ontkleedansers sal tussen 10:00 en 17:00 op privaat verhoë in die buitelig optree en toeskouers sal vanuit hulle motors na die optrede kyk.

Kaal, maar met maskers

By Candy’s sal dié dansers elk ‘n masker en handskoene dra en hul temperatuur sal daagliks geneem word, sê die klub op sy Facebook-blad. Die dansers sal ook sosiale distansiëring handhaaf.

Kan ook drankies bestel

Die klub het Maandag 1 Junie oopgemaak en saam met die optrede wat toeskouers vanuit hulle motors kan kyk, kan versnaperinge en wegneemdrankies ook bestel word.

Verdien inkomste

Die klub het ook ‘n aanlyn-aanbieding begin om vir kunstenaars wat volwasse vermaak bied die geleentheid te gee om gedurende die inperking steeds ‘n inkomste te kan verdien.

“Dit beteken bloot hulle kan van die huis af werk gedurende die inperking. Ten minste tot die ander klubs, kroeë en restaurante weer oopmaak. Maar wie weet wanneer dit gaan gebeur?” vra die klub op sy Facebook-blad.

Lees meer oor die drive through-ooievaarstee wat ook gedurende die inperking gehou is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief