Starlink onttrek van konsultasie oor satellietdienste in SA

Lees ook :

Starlink onttrek van satelliet konsultasie in SA fotokrediet: Canva

Elon Musk se maatskappy, SpaceX, wat verantwoordelik is vir Starlink, het onttrek van ‘n formele openbare konsultasie oor die lisensiëringsplan vir satellietdienste in Suid-Afrika.

Lees ook: Starlink is onwettig in Suid-Afrika

Die regering sou deur ICASA openbare samesprekings gehou het oor die lisensiëring, maar SpaceX het nie opgedaag om aan die samesprekings deel te neem nie.

Dit is onbekend hoekom SpaceX onttrek het van die besprekings, maar dit volg na Elon Musk gekla het oor die land se BEE–wette. Die BEE-wette vereis dat 30% van die aandele aan “historiese benadeelde groepe gegee word”. Musk en Trump het ook kritiek uitgespreek oor die onteieningswet in Suid-Afrika en Trump het gevolglik sanksies teen Suid-Afrika ingestel.

As Musk se maatskappy opgedaag het, sou die samesprekings gegaan het oor hoe SpaceX kan belê in swart maatskappye en ander entiteite wat aan die “histories benadeelde groepe behoort” sodat hy nie 30% van sy aandele hoef op te gee nie.

Bronne: Advanced Television, HTXT, TechPoint Africa

Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief