‘SA-soldaat skiet ander soldaat, pleeg selfdood’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NASIONAAL. – ‘n Soldaat wat in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, het glo Donderdag eers ‘n mede-soldaat noodlottig gewond en homself daarna om die lewe gebring. Albei was deel van die Verenigde Nasies se ontplooiing in die DRK (Monusco).

Kol. Selinah Rawlins sê die soldaat het sy dienswapen gebruik. Die SANW het in samewerking met Monusco ‘n raad van ondersoek ingestel, om die insident en die omstandighede wat tot die twee lede se dood gelei het te ondersoek.

Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig en hulle liggame sal mettertyd na Suid-Afrika gerepatrieer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief