SA-vroue kwalifiseer vir 2025-Rugbywêreldbeker

Lees ook :

SA-vroue kwalifiseer vir 2025-Rugbywêreldbeker. Foto: Super Sport

Die SA-vrouerugbyspan het die naweek vir die 2025-Rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe hulle Madagaskar 46–17 geklop het.

Hulle is die sesde span wat reeds gekwalifiseer het. Saam met hulle kwalifisering het hulle ook die Afrika-beker gewen.

Nieu-Zeeland, Kanada, Frankryk, Ierland en die gasheerland Engeland het al gekwalifiseer om in die Wêreldbekertoernooi te speel.

Volgens Nolusindiso Booi, kaptein, speel hulle om meisies en vroue te inspireer om ook rugby te begin speel. Sy het hulle afrigters vir hulle harde werk bedank.

Suid-Afrika het in 2023 ook die Afrika-vrouebeker gewen. Die Rugbywêreldbekertoernooi skop op 27 September 2025 in Engeland af.

Bronne: Super Sport Rugby, World Rugby

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief