Saak teen beskuldigde in Machaka Radebe-moordsaak teruggetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die Boemfontein-distrikshof het die saak van moord, ontvoering en afpersing teen Lehlohonolo Thomas Rankuotsana, beskuldigde nommer twee, in die Machaka Radebe-moordsaak teruggetrek.

Mojalefa Senokoatsane van die NVG sê dit beteken nie die saak is afgesluit nie. Die ondersoek duur voort.

Ntai Letaba, die senior staatsaanklaer, het die familie van Radebe ontmoet om te verduidelik en redes te gee waarom die saak teruggetrek is.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 40 jaar oud, is op 28 Desember 2023 in verband met die moord-en-ontvoeringsaak van die 16-jarige Machaka Radebe in hegtenis geneem. Die verdagtes het vlugtig op 2 Januarie in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, waarna die saak vir borgaansoek tot 8 Januarie uitgestel is.

Volgens brig. Motantsi Makhele is inligting opgevolg waartydens polisielede die twee verdagte mans, een in Bloemfontein en die ander terwyl hy tussen Dewetsdorp en Wepener gery het, in hegtenis geneem het.

Die inhegtenisnemings spruit voort nadat die liggaam van die 16-jarige Machaka Radebe, wat op 2 Desember 2023 as vermis aangemeld is, deur ‘n verbyganger gevind is twee dae nadat sy as vermis aangemeld is.

Name van die verdagtes en verdere inligting word weerhou omdat die ondersoek in die saak in ‘n kritieke stadium is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief