Lees ook: Man wat glo blitspatrollielede doodskiet vandag weer in hof
KIMBERLEY. – Die saak teen die man wat glo verlede jaar twee blitspatrollielede doodgeskiet het, is tot 12 Augustus uitgestel.
Daniel Alberts het na bewering ‘n voertuig in Bloemfontein gesteel. Die blitspatrollielede wou hom daarvoor in hegtenis neem, toe hy hulle glo geskiet het. Hy word aangekla van die moord op sers. Kedimetse Masilo en konst. Okaetse Mandindi en diefstal en roof met verswarende omstandighede.
Die saak teen hom is uitgestel sodat die aanklagte teen hom na een hof geskuif kan word.
Bronne: OFM, SABC
Lees ook: Man wat glo blitspatrollielede doodskiet vandag weer in hof