SIYABUSWA. – Die saak teen die vier verdagtes in die uitbrand van 51 Putco-busse is uitgestel.
Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes tot môre uitgestel
Die verdagtes, Isaac Mabena, Luthando Trevor Skosana, Mduduzi Masango en Steven Mthombeni, het vandag in die Mdutjane-landdroshof verskyn. Die saak is tot 19 Februarie vir hulle formele borgaansoek uitgestel.
Al vier verdagtes sal in aanhouding bly.
Bronne: SAPD





