Saak teen verdagtes in Putco-busbrande gaan die week voort

Lees ook :

Saak teen verdagtes in Putco-busbrande gaan die week voort fotokrediet: Canva

SIYABUSWA. – Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem vir die uitbrand van 51 Putco-busse het verlede week in die hof verskyn waar die saak tot 13 Februarie uitgestel is.

Lees ook: Putco-verdagtes het glo beseerde veiligheidswag se selfoon gehad

Isaac Mabena (36) en Luthando Skosana (29) is op 28 Januarie in hegtenis geneem na 51 Putco-busse by verskeie depots aan die brand gesteek is.

Die verdagtes se formele borgaansoek sal na verwagting die week plaasvind met die staat wat gesê het dit gaan die borgaansoek teenstaan.

Hulle word aangekla van skade aan eiendom, sowel as roof. Die verdagtes het glo Putco-werknemers aangerand en is in besit gevind van ’n veiligheidswag se selfoon toe hulle in hegtenis geneem is.

Bronne: Briefly, EWN, NVG

Lees ook: Putco-verdagtes het glo beseerde veiligheidswag se selfoon gehad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief