Saak van 7 verdagtes wat ‘inbrekers aanrand’ uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Sewe verdagtes het Woensdag op aanklagte van moord, poging tot moord en ontvoering in die Emalahleni-landdroshof verskyn.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die saak is vir verdere ondersoek tot 25 Oktober uitgestel. Al die verdagtes bly in aanhouding.

Nuusflits het berig die sewe verdagtes wat glo twee ander verdagtes, wat hulle van inbraak beskuldig het, met kookwater gebrand en aangerand het, is in hegtenis geneem nadat een (38) gesterf het. Die ander een (29) is steeds in die hospitaal.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die slagoffers is van inbraak by ‘n plaaslike taverne beskuldig. Die 29-jarige is Vrydag deur die verdagtes aangekeer, na die kroeg geneem, met voorwerpe aangerand en kookwater is oor sy lyf uitgegooi.

“Hy het die beproewing oorleef nadat een van die verdagtes ‘n beroep op sy makkers gedoen het om die marteling te stop.”

Nkosi sê Saterdag is die tweede slagoffer aan dieselfde aanranding onderwerp. Sy kind het glo tussenbeide getree en hy is deur ‘n familielid hospitaal toe geneem. Hy het egter Sondag aan sy beserings beswyk. Die polisie is na die hospitaal ontbied en ‘n moordsaak is geopen. Voorlopige ondersoek het na die verdagtes gelei en hulle is gearresteer.

Die verdagtes, tussen 28 en 43 jaar, sal vandag op aanklagte van moord, poging tot moord en ontvoering in die Emalahleni-landdroshof verskyn.

“Die polisie kan nie die moontlikheid van nog arrestasies uitsluit nie, hangende verdere ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief