SAID-bedrog van R600 m. -10de verdagte vas, almal op borg vry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mongorosi Benedict Motelesi (40) is die 10de verdagte wat in hegtenis geneem word in ‘n bedrogsaak van meer as R600 m. van die SAID. Al die die verdagtes is na ‘n hofverskyning op borg vrygelaat.

AO Fikiswa Matoti sê Mtelesi het Maandag saam met sy medebeskuldigdes in die Ladybrand-landdroshof verskyn. Hulle is, Boitshoko Perseverance Mashodi (38), Elvin Wilson (40), Phakama Ndothayisa (36), Xatyiswa Zona (42), Selvin Derison (36), Motlalepule Tes Modise (38), Siphiwe Sedibeng (36), Lwazi Simelani (35) en Nomvakaliso Modolomba (33). Die aanklagte teen hulle is dié van bedrog, geldwassery oortreding van die belastingadministrasiewet, die doeane-en-aksynswet en die wet op voorkoming van georganiseerde misdaad.

“Daar word beweer dat die werknemers by Ficksburg-, Maseru- en Van Rooyenshek-brug gestasioneer was, waar hulle 333 transaksies tot die bedrag van R653 500 455,28 gefasiliteer het.”

Die eerste nege verdagtes is deur die Valke in hegtenis geneem en het op 10 Junie in die hof verskyn.

Al die verdagtes is op borg van tussen R1 500 en R5 000 vrygelaat.

“Die aangeleentheid word vir verhoor op 12 Augustus 2024 na die Bloemfonteinse streekshof oorgeplaas.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief