Brekende Nuus
Afrikaans

SAID waarsku gebruikers oor BTW-kostes op fakture

SAID waarsku gebruikers om seker te maak oor BTW-kostes op fakture

fotokrediet: Canva
SAID waarsku gebruikers om seker te maak oor BTW-kostes op fakture fotokrediet: Canva

Die SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het verbruikers gewaarsku om seker te maak die BTW-kostes op fakture is steeds 15%.

Lees ook: Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging

Dit volg na die BTW-verhoging van 0.5% deur die Wes-Kaapse hooggeregshof gestop is na ’n hofaansoek deur die DA en EFF.

Die BTW-verhoging sou op 1 Mei ingestel word. Kieswetter het gesê alle groot winkels het aan die SAID te kenne gegee dit sal die BTW-verhoging op hulle stelsels verwyder sodat dit 15% bly. Hy het gesê as die winkels 15.5% BTW vra, moet mense die winkels hieroor aanspreek.

Bronne: eNCA, SABC, The Citizen

Lees ook: Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging