Sakedirekteure en voormalige munisipale werkers vir bedrog in hof

Lees ook :

Foto's: Valke

NOORDWES. – Mpho Alistair Lesolle (41), Johannes Botes Rossouw (58), Pieter Retief von Willigh (58), Ntlhayakgosi Michael Mokgwamme (66) en Merika Johannes Madungandaba (66) het Woensdag op beskuldiging van bedrog in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, sê Rossouw, Von Willigh en Madungandaba is die direkteure van Malesela T&D Pty (Ltd). Die maatskappy het glo in 2013 ‘n kontrak vir die installasie van skakeltoestelle (switchgear) vir Ikemeleng Bulk Infrastucture met Rustenburg se plaaslike munisipaliteit gehad. Lesolle en Mokgwamme is voormalige werknemers van die munisipaliteit en was in beheer van die projek. Hulle moes seker maak die projek word afgehandel.

“Verslae dui daarop dat die munisipaliteit Malesela se maatskappy in September 2013 meer as R2 m. betaal het om skakeltoestelle volgens die kontrak te installeer.”

Mathebula sê ondersoek het opgelewer dat geen diens gelewer is nie. Die beskuldigdes is gedagvaar om in die hof te verskyn.

“Al vyf beskuldigdes het vlugtig in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.”

Die saak is tot 21 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief