OOS-KAAP. – Alhoewel geen nuwe inligting oor die terugvind van Ebrahim Moosa (74), bekende sakeman, in Kwazakele gedeel kan word nie, duur die ondersoek voort.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê nadat Moosa het mediese hulp ontvang nadat hy Woensdagnag teruggevind is. Hy is Dinsdagoggend buite sy werkplek ontvoer.
Op die betrokke oggend het Moosa omstreeks 10:00 buite sy werkplek in Cuylerstraat, Kruisrivier gestop. ‘n Voertuig het sy motor afgesper, waarna drie verdagtes hom in ‘n dubbelkajuitbakkie inforseer en met hom weggery het.
Die motief vir die ontvoering is onbekend.

