’n Bekende sakeman van Kimberley is vandag borgtog toegestaan nadat hy deur sy skoonsuster van verkragting aangekla is.
Die beweerde voorval het glo op 19 April 2020 in Hillcrest, Kimberley, tydens die streng inperkingstydperk plaasgevind. Die klaer woon nie in Kimberley nie.
Die landdros het vasgestel dat die beskuldigde nie ‘n bedreiging vir die klaer inhou nie. Die beweerde voorval het reeds drie jaar terug plaasgevind en die beskuldigde het in dié drie jaar nie die klaer leed aangedoen nie.
Die hofverrigtinge is tot 14 Augustus vanjaar uitgestel. Die beskuldigde se identiteit bly onbekend weens sy verhouding met die klaagster as haar swaer.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: