NOORDWES. – Sello Rakgoale (54) het op 25 Maart R3 000 borg ontvang nadat hy glo vir Jacques Ricardo Gibson (44), sy sakevennoot van Sello Rakgoale Trading, op 14 Maart doodgeskiet het
Lt.kol. Amanda Funani sê na bewering het die verdagte en slagoffer ‘n struweling oor hulle besigheid gehad. Die verdagte het glo ‘n vuurwapen uitgehaal en die slagoffer doodgeskiet.
Rakgoale was op 18 Maart vir die eerste keer in die hof en op 25 Maart het hy vir sy borgaansoek verskyn, wat deur die hof aan hom toegestaan is.
Die saak is tot 27 Junie uitgestel.
Rustenburg Herald sê die voorval het glo reg voor Gibson se dogter in Krugerstraat, Ooseinde, buite hulle hek in Rustenburg gebeur. Sy vrees as enigste ooggetuie glo vir haar lewe.





