Brekende Nuus
Nuus

SAL 7de op wêreldranglys vir lugrederye

Foto: SAL

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is sewende op TIME en Statista se eerste wêreldranglys vir lugrederye – World’s Best Airlines 2027. Die lugredery het die uitslag Donderdag in Johannesburg bekend gemaak. SAL het 92,16 punte behaal en is die enigste lugredery uit Afrika in die top 10. Hy was ook wêreldwyd tweede in twee kategorieë, dié vir voldienslugrederye, asook vir gesinsvriendelike lugrederye.

Collen Msibi, nasionale woordvoerder van die departement van vervoer, sê in ’n verklaring minister Barbara Creecy en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa het SAL se raad, bestuur en personeel met dié prestasie gelukgewens en passasiers vir hul steun bedank. Koekie Mbeki, SAL se waarnemende groepsuitvoerende hoof, sê die erkenning is ’n huldeblyk aan sy personeel, passasiers en sakevennote. 

Die ranglys kombineer passasiersterugvoer oor onder meer kajuitgerief en waarde vir geld met vlugdata oor stiptelikheid en kansellasies. Emirates was eerste, gevolg deur Qatar Airways. Delta Air Lines was sesde, net 0,01 punt voor SAL.

Bronne: SAL, Departement van Vervoer, Regering