SAMRK sê Onteieningswet los nie grondhervormingsvereistes van Grondwet op nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NASIONAAL. – Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) sê die Onteieningswet Nr. 13 van 2024 sit wel die wetlike prosedures vir staatsonteiening uiteen, maar gee nie duidelike riglyne oor regverdige grondherverdeling of die vergoedingsbenadering wat met grondwetlike vereistes in pas is nie.

Die SAMRK het Woensdag ‘n persverklaring vrygestel waarin die kommissie sê die wet bepaal wanneer en hoe die staat grond mag onteien, maar versuim om uit te spel hoe regverdige herverdeling moet plaasvind of hoe vergoeding bereken sal word op ’n wyse wat geskiedkundige ongelykhede in ag neem.

Die SAMRK beklemtoon dat dit belangrik is om te onderskei tussen regsraamwerke wat administratiewe prosesse moontlik maak en dié wat werklik grondwetlike verpligtinge verwesenlik.

Artikel 25(5) van die Grondwet vereis dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls binne beskikbare hulpbronne moet tref, om toestande te skep wat burgers in staat stel om op ’n billike grondslag toegang tot grond te laat verkry. Sedert die inwerkingtreding van die Grondwet, het die staat nog nie spesifieke wetgewing ingestel om hierdie bepaling na te kom nie.

Die Kommissie waarsku: “Die voortgesette verwysing na die Onteieningswet as ’n meganisme vir grondherverdeling, indien dit nie weerspreek word nie, mag daartoe lei dat die staat voorgee om aan Artikel 25(5) te voldoen, terwyl dit in werklikheid nie die ruimtelike en ekonomiese ongelykhede wat deur grondloosheid volgehou word, aanspreek nie.”

Die Kommissie steun alle wetgewende en beleidsaanpassings wat reg en regstelling ten opsigte van toegang tot grond bevorder, insluitend veranderinge aan bestaande wette en beleide wat historiese onregte en ongelykheid aanspreek, veral vir gemarginaliseerde gemeenskappe.

Verder wys die Kommissie daarop dat grond ’n sleutelbron vir ekonomiese bemagtiging, kulturele identiteit en sosiale welstand is. Klagtes oor toegang tot grond wat by die Kommissie ontvang word, sluit onder meer die gebrek aan toegang vir residensiële en landbou-doeleindes, vertraagde grondherverdeling, plaasuitsettings, ontkenning van toegang tot grafte op plase en die beskadiging van grafte in.

Die SAMRK bevestig sy verbintenis om ’n rol te speel in die totstandkoming van wetgewing wat grondherverdeling in Suid-Afrika behoorlik sal reguleer.

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief