ISRAEL. – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het bevestig die SA’ners wat deel was van die Global Sumud-flottielje sal vandag na Suid-Afrika teruggestuur word.
Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond
Dit volg nadat die flottielje, wat op pad was om Israel se vlootblokkade op Gasa te breek, deur die Israeliese vloot gekeer is en die aktiviste in aanhouding geneem is. Die aktiviste was in die Negev-tronkfasiliteit in aanhouding.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor alle partye vir hulle samewerking en koördinasie om seker te maak die Suid-Afrikaanse burgers word teruggebring.
Bronne: eNCA, ECR, EWN
Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond





