Sanger D’Angelo oorlede ná kankerstryd

Lees ook :

Sanger, D’Angelo oorlede ná kankerstryd fotokrediet: X

NEW YORK CITY, VSA. – Die R&B-sanger D’Angelo is gister in New York oorlede ná ‘n stryd met pankreaskanker.

Lees ook: Sangeres Angie Stone oorlede in motorongeluk

D’Angelo, regte naam Michael Eugene Archer, is net 7 maande ná sy lewensmaat Angie Stone oorlede.

Stone het in Maart in ‘n motorongeluk ná ‘n optrede in Mobile, Alabama, omgekom.

Die paar se seun, Michael Archer II, het ‘n verklaring uitgereik waarin hy gesê het: “Ek is dankbaar vir julle gedagtes en gebede in hierdie moeilike tye, dit was ‘n baie rowwe en hartseer jaar vir my. Ek vra dat julle asseblief aanhou om my in julle gedagtes te hou, want dit gaan nie maklik wees nie. Een ding wat albei my ouers my geleer het, is om sterk te wees en ek is van plan om dit te doen”.

Bronne: Metro, BBC, CNN

Lees ook: Sangeres Angie Stone oorlede in motorongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief