Brekende Nuus
Nuus

SANW ontken bewerings oor immigrasiebeleid

Foto: Ter illustrasie

Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW) ontken bewerings op sosiale media dat sy lede die regering gewaarsku of aanbevelings gemaak het oor die toestroming van buitelandse burgers na Suid-Afrika.

Volgens Siphiwe Dlaminim, SANW-woordvoerder, is die bewerings ongegrond en misleidend. Die weermag beklemtoon dat hy nie regeringsbesluite oor immigrasiebeleid teenstaan, bevraagteken of probeer beïnvloed nie. Immigrasiebeleid is die verantwoordelikheid van die betrokke regeringsowerhede.

Die SANW sê hy voer sy grondwetlike mandaat binne die raamwerk van die Grondwet, toepaslike wetgewing en wettige regeringsopdragte uit. Die weermag het ook ’n beroep op die publiek en sosialemediagebruikers gedoen om nie vals of misleidende inligting te versprei wat die integriteit van die instelling en sy lede kan ondermyn nie.