SAPD damessokker-kampioenskappe skop af

Lees ook :

KIMBERLEY. – Die vrouemaand-aktiwiteite het op ’n hoë noot begin toe die SAPD Damessokkerkampioenskappe by die AR Abbas-stadion afgeskop het.

Die kampioenskap het begin toe die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, maj.-genl. Otola, die toernooi wat geskeduleer is van 5 Augustus tot 9 Augustus 2019, amptelik geopen het.

Die finale byeenkoms word Vrydag gehou wanneer twee spanne, wat in die meeste van hulle wedstryde goed gespeel en gewen het, om die trofee wat voorheen deur die KZN-provinsie in 2018 gewen is, teen mekaar te staan kom.

Genl. Otola het gesê die geleentheid spreek boekdele oor die toewyding van die SAPD tot sport en die ontwikkeling van die lede. “Dit is ‘n bekende feit dat sport sterk en gesond is, en dit leer ons om nederlaag sowel as die oorwinning te aanvaar,” aldus genl. Otola.

Die openingswedstryd is gespeel deur die Noord-Kaap teen die Wes-Kaap (SAPS Sokkerkampioenskappe silwermedalje-wenners 2018). Die Noord-Kaap het op die tuisveld voordeel gehad en het 2-0 gewen.

“Die komende week is daar verskeie van hierdie spannende sokkerwedstryde en ons moedig die gemeenskap aan om hierdie inisiatief te ondersteun, aangesien alle wedstryde gratis is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief