Inwoners bekommerd oor ontblote drade by straatligte

Lees ook :

KIMBERLEY. – FiND iT het deur die West End-area gery en op baie straatligte afgekom waarvan die drade uithang of heeltemal ontbloot is. Daar is ook straatligte se drade wat reeds afgeknip is.

’n Inwoner het aan FiND iT gesê sy is bekommerd oor al die drade wat ontbloot is en die gevare wat dit vir mense inhou. “Die drade is oop en kinders kan hulleself doodskok.”

Talle van die straatligte in Andersonweg en St Augustinestraat se drade is ontbloot of afgeknip.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is gekontak, maar het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief