Lees ook: Finansiële hoof van Steinhoff vry op borg
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die Steinhoff-groep beveel om tot R6 mjd. wat in hulle bankrekeninge is aan die staat te verbeur.
Die SARB se adjunkgoewerneur, Fundi Tshazibana, het Vrydag aangekondig die Steinhoff-groep moet die geld wat in hulle bankrekeninge is aan die nasionale inkomstefonds van die staat verbeur.
R42 m. in kontant en ‘n eiendom in die Wes-Kaap ter waarde van R18 m. is in April by Berdine Odendaal geëis. Odendaal was glo in ‘n verhouding met Markus Jooste, die voormalige hoof van Steinhoff.
Bronne: IOL, PressReader, The Africa