SARB lê beslag op R67 m. by Stéhan Grobler in Steinhoff-saak

Lees ook :

SARB lê beslag op R67 miljoen by Stéhan Grobler van Steinhoff
SARB lê beslag op R67 miljoen by Stéhan Grobler van Steinhoff fotokrediet: Canva

Lees ook: Saak teen Stéhan Grobler tot volgende jaar uitgestel

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het R67 miljoen van Stéhan Grobler, gewese maatskappysekretaris en hoof van regsake by Steinhoff, ingevolge ‘n bevel van die valutabeheerregulasies, aan die staat verbeurd verklaar.

Die geld sal na die Nasionale Inkomstefonds oorgedra word. Grobler se bates sluit in aandele in Suez Beleggings, Steff Grobler Beherende (Edms.) Bpk. en Keurview Aandeleblok Bpk. Steinhoff dagvaar Grobler vir byna R300 miljoen wat hy as salarisse, bonusse en ander vergoeding glo onregmatig ontvang het.

Hy word onder andere aangekla van die oortreding van die Wet op die Beheer van Finansiële Markte, Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede en die Maatskappywet.

Grobler is tans uit op borg en sal volgende jaar weer in die hof verskyn.

Bronne: Jacaranda FM, The Citizen, IOL

Lees ook: Saak teen Stéhan Grobler tot volgende jaar uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief