KYK: Conor McGregor is nou ‘n eienaar van ‘Bare Knuckle Fighting Championship’
Saterdagaand by die Kingdom-arena in Saoedi-Arabië is ‘n geskiedkundige gebeurtenis ervaar waarvan ons ons kleinkinders eendag kan vertel!
Vir die eerste keer in hierdie eeu is daar ‘n onbetwiste, verenigde kampioen in swaargewigboks gekroon wat al die titelbelde in een aand versamel het. Nie net was hierdie merkwaardig nie, maar die twee opponente wat geveg het vir die eer om die beste in die wêreld genoem te word, was beide onoorwonne in hul professionele loopbane en het nog nooit die bitter smaak van verloor geproe nie. Groter as dit kry jy nie!
Na ‘n meesterspel van bokstalent voor miljoene mense wêreldwyd ten toon gestel is, het Tyson Fury en Oleksandr Usyk kop aan kop vir twaalf rondtes geboks in een van die mees hoëvlakkompetisies wat ek nog beleef het. Net soos wat die een man die oorhand begin kry, maak die ander ‘n aanpassing en verander weer die verloop van die geveg. Beide het beurte geneem en sukses behaal in dele van die geveg, maar dis die kleiner Usyk van die Oekraïne wat die meeste skade aangerig het aan die reus van ‘n Brit wat bekend staan as ‘n man wat nie uitgeslaan kan word nie.
In die negende rondte het dit amper gebeur toe Usyk vir Fury met talle opeenvolgende houe gehamer het totdat die “Gypsy King” so pap geslaan is dat net die kryt se toue hom op sy voete gehou het. Die skeidsregter het egter sy bas gered deur die geveg te stop en ‘n uitgerekte standing-eight-count te doen. Dit het vir Fury net genoeg tyd gegee om te oorleef totdat die klok vir die einde van die rondte gelui het.
Beide manne het hulle alles gegee en het na die twaalfde rondte gekneus en beskadig gewag op die beoordelaars se telkaarte om te hoor wie het gewen. Die geveg is as ‘n split decision in Oleksandr Usyk se guns beslis en geskiedenis is gemaak.
Op die ou end het Dawid vir Goliat oorwin, en hy het ‘n duidelike boodskap vir sy landgenote in die Oekraïne sowel as die res van die wêreld gestuur wat sê dat dit nie die grootste een is wat altyd die geveg wen nie.
Deur sy oorwinning inspireer hy elkeen van ons wat voel ons is te klein of te swak om ‘n verskil te maak. Dit wys dat dit nie saak maak wie jy is nie – as jy bereid is om die harde werk in te sit, nooit op te gee nie en te glo in jouself, is enigiets moontlik!





