VSA. – Kletsrymer Sean “P Diddy” Combs het gister in die hof bevestig hy gaan nie in sy saak getuig nie en het die regter bedank en gesê hy doen “uitstekende werk”.
Lees ook: Jurielid oor ‘teenstrydighede’ van P Diddy-verhoor verwyder
Ná die vervolgingspan hulle beurt gehad het, het die verdedigingspan gevra dat die regter die 55-jarige vryspreek – ‘n redelike standaard skuif – en gesê dat prokureurs vir die regering nie bewyse gelewer het om enige van die aanklagte wat ingedien is, te bewys nie.
Combs se prokureurs het toe boodskappe ingedien as bewyse dat Combs en sy meisies in konsensuele verhoudings was, maar het geen getuies geroep nie. Die verdedigingspan se beurt het vir minder as ’n uur aangehou.
Albei spanne sal ná verwagting môre hulle slotargumente in die saak lewer.
Bronne: Sky News, PBS, Extra TV
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur





