Seekoei langs Roodeplaat-dam opgemerk

Lees ook :

Seekoei opgemerk langs Roodeplaat dam. Foto's: Pretoria FM

PRETORIA, GAUTENG. – ‘n Seekoeikoei is Vrydag en Saterdag by die Sable Hills Waterfront-landgoed langs Roodeplaat-dam in Pretoria opgemerk.

Inwoners van die landgoed is gewaarsku om nie hulle huise te verlaat of die seekoei te probeer nader nie. Sy is Saterdag om 12:00 langs die dam in Nightjarstraat gesien.

Natuurbewaring is geskakel. Inwoners is gewaarsku dat sy steeds ’n wilde dier is, al is dit alombekend dat sy nie gewelddadig is nie.

Volgens inwoners is Gloria, die seekoei, ’n gereelde besoeker. Sy was ook al in die omgewing van Kameeldrift-Oos opgemerk waar inwoners bordjies opgesit het om besoekers van haar teenwoordigheid bewus te maak.

“Die mense moet haar eerder help beskerm as om haar leed aan te doen,” sê een inwoner op sosiale media.

In 2013 is ‘n seekoei genaamd Bubble naby die Leeufontein-landgoed langs die dam opgemerk.

Bronne: Pretoria FM, Facebook, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief