Seiljagbemanning in geskiedkundige redding ter see gered

Lees ook :

Foto: NSRI

KWAZULU-NATAL. – Bemanning van die seiljag Tipsy is Vrydag tydens ‘n geskiedkundige redding ter see gered nadat hulle die Vasco da Gama Ocean Race 2024 voltooi het en onderweg na Durban was.

“This is the longest NSRI RHIB (Rigid Hull Inflatable Craft) rescue operation in the history of NSRI – the NSRI Port Edward rescue craft Spirit of Steve covered a distance of approximately 158 nautical miles in total,” het Gert du Plessis van die NSRI gesê.

Die Tipsy-seiljag het met ‘n drywende houer op see gebots en het water ingeneem. Die bemanning – ‘n vrou (61) en drie mans: die skipper (69) en nog twee persone, 64 en 62 jaar oud – het die seiljag vir ‘n reddingsboot verlaat.

Du Plessis sê die Tipsy het om 19:38 rapporteer hulle is besig om aan die Oos-Kaapse kus (voorheen Transkei) in die omgewing van Rame Head, naby Umgazana, Lutatweni te sink. Verskeie rolspelers en NSRI-reddingstuie is geaktiveer. Selfs lewensredders en rugsakreisigers was van die land af op die uitkyk vir die reddingsboot waar een selfoon tussen die bemanning gebruik is om batterylewe van ander te spaar.

Daar is eers geskat die reddingsboot is ongeveer 55 seemyl van Port Edward in die omgewing van Port St. Johns, een seemyl van die kus af. Die bemanning in die NSRI se Port Edward-reddingstuig het vasgestel die seiljag en reddingsboot het egter met reëntoestande en 2 meter deinings en ligte wind weggedryf en is sowat 79 seemyl in die omgewing van Koffiebaai.

Tydens die reddingsoperasie het die rigting van seestrome voortdurend verander en moes boonop uitgekyk word vir die drywende houer waarteen die seiljag gestamp het. Nadat die reddingstuig verby Port St Johns is, het hulle die bemanningslede op die reddingstuig versoek ‘n noodvalskermvlam (flare) moet ontplooi word. Dit is op die horison gesien, maar verder as wat verwag was.

Die sinkende Tipsy is later aan die kus van Koffiebaai aangetref. Nog ‘n flare is ontplooi en dié keer was die bemanning op die reddingstuig ongeveer een seemyl weg. Teen 01:23 was al vier die bemanningslede van die Tipsy-seiljag veilig by die NSRI.

Niemand is beseer nie en is van vloeistof en komberse voorsien. Die Tipsy-seiljag het in Koffiebaai uitgespoel. Vaartuie is gewaarsku om steeds vir die drywende vraghouer op die uitkyk te wees.

Die reddingstuig en bemanning, wat vir die suksesvolle operasie geprys is, was net na 07:00 terug by hulle basis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief