PHOENIX, KZN. – ’n Selfoonwinkel is vanoggend omstreeks 10:55 by die Phoenix Plaza-winkelsentrum in die Starwood-woonbuurt beroof.
Volgens Reaction Unit South Africa het vyf verdagtes die winkel binnegegaan en vuurwapens op die werknemers gerig. Verskeie selfone is gesteel voordat die vyf op die vlug geslaan het.
Ooggetuies beweer die verdagtes het in ’n wit VW Polo gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.
Bronne: Rusa, Facebook




