Brekende Nuus
Finansies

September-brandstofprys kan motoriste weer hard tref

Foto: Ter illustrasie

Motoriste kan in September met nog ’n styging in die brandstofprys te doen kry, volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds (SEF).

Die huidige data dui op ’n moontlike verhoging van ongeveer 88 sent per liter vir 93-oktaan-petrol en 99 sent per liter vir 95-oktaan-petrol. Diesel kan volgens die jongste syfers met tussen ongeveer R2,89 en R3,10 per liter styg, afhangend van die dieselgraad. Die moontlike verhogings word onder meer deur internasionale oliepryse en die rand/dollar-wisselkoers beïnvloed. Hierdie is slegs ‘n voorspelling en nog nie die amptelik aangekondigde September-brandstofpryse nie. Dit kan nog verander voordat die finale pryse aangekondig word.

Bronne: Central Energy Fund (CEF), DMPR, Explain.co.za, Stuff, eNCA