Sersant doodgeskiet, konstabel in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Konstabel (40) van Nsuze-polisiestasie is vanoggend in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagaand sy kollega, ‘n sersant (47), in die gemeenskapsdienssentrum (GDS) doodgeskiet het.

Kol. Robert Netshiunda sê die sersant en ‘n konstabel was Dinsdagaand in die aanklagkantoor aan diens. Die konstabel was na bewering besig met roetine-inspeksie op die polisieperseel toe hy ‘n skoot vanuit die aanklagkantoor gehoor het. Hy het glo ‘n konstabel wat van diens was gesien weghardloop. Toe hy die aanklagkantoor binnegaan, het hy die sersant met skietwonde in ‘n stoel aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Netshiunda sê die verdagte het vanoggend soos normaalweg vir diens rapporteer, waarna hy in hegtenis geneem is.

Die motief vir die moord is tans onbekend.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris van die provinsie, moedig lede aan om van die Employee Health and Wellness-programme gebruik te maak. Mkhwanazi moedig ook goeie verhoudings tussen polisiebeamptes aan: “Commanders must be observant at all times and be closer to their members so that they may identify any feud between officers or any sense of unhappiness. Policing is a demanding and traumatic job at times and police officers are the most prized resources of the organisation and must be looked after as such. The incident that happened at a police station in Nsuze is unfortunate and although criminal charges and internal disciplinary process will be pursued against the suspect, more efforts must be invested into the investigation of what could have led to such a gruesome murder inside a building which is supposed to be a safe haven for police officers.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App