Sersant en 8 makkers vir onder meer beweerde inbraak vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Polisiesersant is een van nege verdagtes wat in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is na ‘n beweerde inbraak Woensdagoggend by ‘n bekende winkel op Delmas.

Lt.kol. Mavela Masondo sê selfone en geld is glo gesteel en die winkelbestuurder glo ook ontvoer en later in Sundra afgelaai. Sy het geen beserings opgedoen nie. Die verdagtes is na ‘n veiligheidshuis in Springs, in Ekurhuleni. Lede van misdaadintelligensie het inligting ontvang van die sake-inbraak pas nadat dit glo gepleeg is. Die hoofwegpatrollie-eenheid is geaktiveer om die verdagtes te onderskep. Toe die polisie by die huis opdaag, het die verdagtes voet in die wind geslaan, maar nege is in hegtenis geneem, terwyl ander daarin kon slaag om te vlug.

‘n Ongelisensieerde vuurwapen, toerusting om inbrake uit te voer en sommige van die vermoedelik gesteelde selfone en geld is glo in die verdagtes se besit gevind. Masondo sê die polisie het ook twee voertuie wat tydens die beweerde uitvoering van die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.

Lt.genl. Tommy Mthombeni het lede vir hulle ywer en spoed geprys. Hy het ook teleurstelling met polisielede wat met misdadigers heul, uitgespreek.

“Die polisie sal voortgaan om ontslae te raak van vrot appels binne sy geledere, aangesien hulle die goeie werk wat daagliks deur toegewyde polisiebeamptes gedoen word, knou.”

Masondo sê die verdagtes sal na verwagting in die Springs-landdroshof op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde eiendom en ‘n ongelisensieerde vuurwapen verskyn. Hulle sal in die Delmas-landdroshof op ‘n aanklag van sake-inbraak en ontvoering verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief