Sersant se arrestasie beveel na vrou en huiswerker doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Polisiesersant se arrestasie is deur lt.genl. Thembi Hadebe beveel, nadat die polisielid glo Dinsdagaand sy vrou en die huiswerker doodgeskiet het.

Brig. Hlulani Mashaba sê Masisi-polisie is na die toneel in die Vhembe-distrik ontbied. Met aankoms van die polisie en paramedici is die vroue in ‘n plas bloed aangetref. Beide is dood verklaar.

“Die polisie het sedertdien twee moordsake geopen. Terwyl die motief vir die voorval nog onbekend is, kan gesinsgeweld nie in hierdie stadium uitgesluit word nie.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het medelye teenoor die familie van die oorledenes uitgespreek.

“‘n Multidissiplinêre span is aangewys en maksimum hulpbronne is gemobiliseer om te verseker dat ondersoeke bespoedig word om uiteindelik die verdagte te laat aankla om deur die volle mag van die gereg in die gesig gestaar te word. Die polisie sal alles in hulle vermoë doen om die verdagte, dood of lewend, op te spoor,” sê Hadebe.

Enigiemand wat weet waar die sersant hom bevind, kan sers. Musumuvhi Theophilus by 082 414 2481 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief