Sersant sterf terwyl verdagte agtervolg word

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Sers. Thabiso Andries Mareletse (45) het Donderdagoggend vroeg op die Heilbron-Edenville-pad, buite Heilbron in ‘n staatsongeluk in ‘n polisiebakkie gesterf. Sy kollega is ernstig beseer.

Brig. Motantsi Makhele sê Mareletse en konst. Bongani Xanko (31), beide van Heilbron-polisiestasie, was aan diens en in volle uniform geklee. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die beamptes omstreeks 02:30 besig was om ‘n verdagte in ‘n Nissan Sentra, wat moontlik met veediefstal betrokke was, te agtervolg. Tydens ‘n hoëspoedjaagtog het Mareletse glo beheer verloor en die voertuig het gerol. Mareletse het op die toneel aan sy beserings gesterf en Xanko, wat ernstig beseer is, is na ‘n hospitaal vervoer.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van sers. Mareletse gedurende hierdie moeilike tyd. Dit is inderdaad ‘n hartseer begin van die jaar, om drie lede in die uitvoering van diens reeds in so ‘n kort tydperk te verloor. Ons wens konst. Xanko ook ‘n spoedige herstel toe,” het die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, lt.genl. Baile Motswenyane, gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief