Sersant, suster en dogter vir ‘versekeringmoorde’ in hof

Lees ook :

Foto: NVG

LIMPOPO. – Sers. Rachel Raesetsa Shokane Kutumela (43), gestasioneer by Senwabarwana-polisiestasie, Annah Shokane (47), haar ouer suster, en Madjadji Flora Shokane (23) het vandag op verskeie aanklagte in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die drie vroue het onderskeidelik op onder meer ses aanklagte van moord, geldwassery, die ontvangs van wins uit onwettige aktiwiteite, 12 aanklagte van bedrog en regsverydeling verskyn.

“Aanklagte van geldwassery is spesifiek op Rachel Kutumela en haar dogter, Madjadji, van toepassing. Kutumela word daarvan aangekla dat sy die opbrengs met haar suster en dogter gedeel het.”

Dzhangi sê die saak is tot 30 en 31 Oktober en 1 November vir borgaansoek uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.

Nuusflits het berig Kutumela se suster, wat ‘n verpleegster is, en haar dogter is ook gearresteer. Die twee is in die Mabokelele-woonbuurt in hegtenis geneem nadat ‘n J50-lasbrief vir arrestasie bekom is. Kutumela het slagoffers na bewering verdrink of verbrand. Sy staan op ses aanklagte van moord en 12 aanklagte van regsverydeling in die Polokwane-landdroshof tereg.

Die sersant, wat op foto’s sonder haar rangkentekens verskyn, het na bewering haar slagoffers sedert 2019 vir versekeringsgeld vermoor. Slagoffers se liggame is op verskeie plekke gelos. ‘n Vrou is in haar sinkhuis verbrand en ‘n gestremde man se liggaam is verdrink in ‘n dam aangetref.

Kutumela het na bewering op bedrieglike wyse lewenspolisse en en begrafnisversekering op verskeie slagoffers uitgeneem. Sedertdien het Kutumela as enigste begunstigde R10 m. van verskeie maatskappye, insluitend Absa, Standard Bank, Capitec, Hollard, Assupol, Old Mutual, Onelife en Clientele Life, geëis.

“Haar slagoffers was aan haar bekend en was van behoeftige en benadeelde agtergrond en sommige was gestrem of verstandelik gestrem.”

“Ná maande se ondersoek het die ondersoekspan ’n lasbrief vir arrestasie bekom. Die lasbrief is by die polisiestasie uitgevoer, waar sy in hegtenis geneem is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief