Sersant van dubbelmoord beskuldig, kry borg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Constance Mosibudu Sathekge (49), ‘n sersant verbonde aan Botlokwa-polisiestasie, het Woensdag op aanklagte van dubbelmoord in die Morebeng-Landdroshof voorgekom, waar sy op R2 000 borg vrygelaat is.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê na bewering het die beskuldigde op 13 Februarie vir Khotso Sathekge, haar seun, en Naledi Mmonwa, sy meisie, ná ‘n woordewisseling, doodgeskiet. Die seun is op die toneel dood verklaar en die meisie het in Botlokwa-hospitaal aan haar beserings gesterf. Sathekge het self die insident aan die polisie gerapporteer, waarna sy gearresteer is.

Die direkteur van openbare vervolging het ‘n sertifikaat dat die saak onder skedule 5 van die strafproseswet val, uitgereik. Nadat Sathekge se borgaansoek aangehoor is, is borg toegestaan, omdat dit volgens die hof in die belang van geregtigheid is. Voorts het die hof gesê daar is nie ‘n moontlikheid dat Sathekge met die ondersoek sal inmeng of die verhoor sal vermy nie. Die hof het ook in ag geneem dat Sathekge ‘n ma en die hoofversorger van haar 4-jarige seun, met spesiale behoeftes, is.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 24 April uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief