Ses beseer in botsing op M4

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Ses persone is Dinsdagaand in ’n botsing tussen twee voertuie op die M4- noordelike hoogweg voor die Umhlanga-afrit beseer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het net voor 20:00 verskeie oproepe oor die ongeluk gekry. Op die toneel het paramedici ‘n voertuigwrak in die pad en nog een in die bosse aangetref. Een van die voertuie se bestuurders was in sy voertuig vasgekeer en die eThekwini-brandweerdiens, asook bykomende ambulansdienste en gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel ontbied om bystand te verleen. Die brandweer het reddingskake gebruik om die bestuurder te bevry.

Altesaam ses insittendes van beide voertuie het beserings wat van matig tot ernstig wissel, opgedoen. Nadat hulle op die toneel gestabiliseer is, is hulle vir verdere mediese sorg na verskeie hospitale in Durban vervoer.

Jamieson sê volgens die polisie is die omstandighede wat tot die botsing gelei het onbekend en word ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief