OOS-KAAP. – Ses mans is Sondag in Kanistraat in Veeplaas, Gqeberha, in ‘n huis doodgeskiet. ‘n Vrou (21) wat beseer is, is na ‘n hospitaal geneem.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die polisie is ná 22:00 na die skietery in die KwaZakhele-polisiëringsgebied ontbied. Met aankoms is die liggame en beseerde vrou aangetref. Inligting dui aan die slagoffers was in die huis toe hulle glo deur gewapende verdagtes aangeval is.
Die identiteit van die oorledenes sal bekendgemaak word wanneer formele identifikasie afgehandel is.
‘n Span gesoute speurders ondersoek die motief van die ses moorde en een poging tot moord. Enigiemand met relevante inligting word gevra om adj.off John Lourens by 071 352 4706 te bel.