Ses dood en een beseer in nog ‘n massaskietery

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Ses mans is Sondag in Kanistraat in Veeplaas, Gqeberha, in ‘n huis doodgeskiet. ‘n Vrou (21) wat beseer is, is na ‘n hospitaal geneem.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die polisie is ná 22:00 na die skietery in die KwaZakhele-polisiëringsgebied ontbied. Met aankoms is die liggame en beseerde vrou aangetref. Inligting dui aan die slagoffers was in die huis toe hulle glo deur gewapende verdagtes aangeval is.

Die identiteit van die oorledenes sal bekendgemaak word wanneer formele identifikasie afgehandel is.

‘n Span gesoute speurders ondersoek die motief van die ses moorde en een poging tot moord. Enigiemand met relevante inligting word gevra om adj.off John Lourens by 071 352 4706 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief