Ses dood in vliegtuigongeluk

Lees ook :

Ses dood tydens vliegtuigongeluk fotokrediet: X

SAN DIEGO. – Ses mense is Sondag dood ná die Cessna 414 vliegtuig waarin hulle was, in die water beland het kort nadat dit opgestyg het.

Lees ook: Verskeie mense dood in vliegtuigongeluk, agt beseer

Die vlieënier het aan lugvaartbeheer gesê hy sukkel om die vliegtuig te laat styg. Hy is aangesê om tot 4 000 voet te klim en om te land by ’n nabye VSA vlootbasis. Kort daarna het die vlieënier “Mayday” verklaar en die vliegtuig het neus eerste in die see neergestort.

Die nasionale vervoerraad en federale lugvaartadministrasie is besig om die ongeluk te ondersoek.

Hulle het gesê die vliegtuig word deur Optimal Health Systems besit, maar volgens dié maatskappy is die vliegtuig in 2023 aan ’n groep individue verkoop.

Bronne: The Independent, Newsweek, New York Post

Lees ook: Verskeie mense dood in vliegtuigongeluk, agt beseer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief