Brekende Nuus
Afrikaans

Ses gyselaars dié week vrygelaat soos Palestyne terugkeer huis toe

Ses gyselaars gaan dié week vrygelaat word soos Palestynse burgers teruggaan huis toe

fotokrediet: Canva
Ses gyselaars gaan dié week vrygelaat word soos Palestynse burgers teruggaan huis toe fotokrediet: Canva

Lees ook: Trump eis onmiddellike vrystelling van Israeliese gyselaars

GAZA. – Hamas het bevestig nog ses Israeliese gyselaars sal dié week vrygelaat word soos Palestynse burgers toegelaat word om terug te gaan na die noorde van Gaza.

Drie jong Israeliese burgers is Vrydag vrygelaat en nog vier vrouesoldate is Saterdag deur Hamas aan die Rooi Kruis oorhandig. Die vrouens is almal op 7 Oktober 2023 gyselaar geneem.

Israel het eers gekeer dat Palestynse burgers na noordelike Gaza kan terugkeer, want “Hamas het die skietstilstand oortree deur die volgorde waarin gyselaars vrygestel is”.

Die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die Palestynse burgers laat gaan ná een spesifieke gyselaar, Arbel Yehud, Vrydag vrygelaat is. Sy moes al vroeër vrygelaat geword het en daar was onsekerheid oor of sy nog lewe.

Bronne: The Sun, The Times of Israel, Jacaranda FM

Lees ook: Trump eis onmiddellike vrystelling van Israeliese gyselaars