OEKRAÏNE. – Ses mense is gister beseer en 11 geboue getref in ‘n aanval op Kharkiv deur ‘n Russiese hommeltuig. Vier mense is in die Slobidskyi-streek van Kharkiv beseer en twee in Kupiansk.
Lees ook: Vier brandbestryders beseer tydens Russiese hommeltuigaanval in Chernihiv-streek
Pakhuise, privaat wonings, ‘n kliniek en plaasgeboue is in die aanvalle beskadig. Daar is ook verslae dat ‘n aanklaerskantoor en universiteit in die aanval beskadig is.
Die streekgoewerneur, Oleh Syniehubov, het beweer die hommeltuig het ‘n besige sentrale straat geteiken en het gesê dit lyk of die doel van die aanval was om so veel burgerlikes as moontlik te beseer.
Bronne: Euronews, Kyiv Independent, Ukrinform
Lees ook: Vier brandbestryders beseer tydens Russiese hommeltuigaanval in Chernihiv-streek





